Tuisblad Nuus Forums Kontak
Tuesday, February 9, 2010 | LEDE
SATM - Suid Afrika Teen Misdaad!

Hoof Keuselys

Inligting

Waarom leer ons die misdaad tekentaal as God ons beskerm ?



Kan iemand my vertel ?

God die enigste lewende en almagtige God, God van liefde. Ons Skepper en Vader.

Sal ons almagtige Vader demonies-besete kriminele stuur om Sy kinders hier op aarde te kom verkrag te vermink of te vermoor?

Is dit ons God van liefde wat demonies-besete kriminele stuur om ons te kom martel of tot die dood intree?

Waarom is dit dat Predikante en Pastore langs grafte sę, “ God het gegee en God het geneem” !?

Is ons as kinders van die Almagtige God, onderworpe aan die bose magte van die węreld?

Waarom gee God aan ons, in Lukas 10:19 en 20, die magte oor die bose maar los ons steeds om deur die bose vermoor te raak?

Waarom word mense wat aanvoer dat hulle ‘n sterk geloof en vertoue in God het, steeds vermink of vermoor terwyl hulle al die Goddelike magte tot hulle beskikking het?

Kyk na die volgende brief deur een van ons lede.

Andre en Daleen Henning se roof 21 Julie 2006. The Reeds.

4:26 kry ek ‘n boodskap om vir Andre en Daleen te bid want hulle is geskiet tydens ‘n inbraak. Andre is kritiek. 

Ek bid dat die Here hul albei in sy arms sal toevou en dat Sy wil sal geskied maar as dit moontlik is dat hulle albei gespaar sal word.  Ons hoor later dat hulle opgestaan het toe ‘n steen deur die sitkamer se ruit gegooi is.  Andre is van voor deur die nek geskiet (sy slagaar af) en die koeël is by sy blad uit.  Daleen is skuins deur die bors geskiet – die koeël is langs haar sy uit en deur haar arm.   Slegs die goeie  “CPR” van ‘n buurman het Andre se lewe gered. 

Ek voel baie ontsteld want dit moes nie met hulle gebeur het nie.  Ek het ‘n paar jaar gelede vir hulle vertel van die Afrika tekenlees kursus maar die reaksie was “Glo ek dan nie in die Here se beskerming nie”.  Dit was vir my amper soos ‘n klap deur die gesig, want sedert 2000 was ek elke 6 maande geteiken vir ‘n aanval en skaars 3 weke gelede het ons ook weer deur ‘n vreesaanjaende, benoude tyd gegaan waar ek slegs deur die genade van die Here en die kennis van die tekens gespaar is. 

Hoe gebeur sulke dinge dan?

Waarom het Jesus, die Almagtige God, Sy dissipels gestuur om swaarde te koop?

Waarom staan die volgende in 2 Sam 22: 35?

Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

En in Ps 18:35

Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

2 Korintiërs 10 : 3 en 4

3.     Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons  die stryd nie volgens die vlees nie;

4.     want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

Efesiërs 6:12

12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Die aanslae teen ons is nie net geestelik nie maar ook vleeslik. Wanneer ons die vleeslike of geestelike aanslae sonder kennis aandurf, sal ons nie staande bly nie. As ek ‘n voorbeeld mag noem:

Wanneer jy die N1 snelweg by Pretoria, te voet wil kruis terwyl jy op God vertrou dat geen kar jou sal trap nie,  sonder om die aankomende verkeer ingedagte te hou,  versoek jy God en kan ‘n kar jou maklik trap.

Wanneer jy die Godgegewe kennis gebruik om eers te kyk of daar aankomende verkeer is, en jy sien nou dat die verkeer baie druk is terwyl jy regtig dadelik daar moet oor, kan jy hulp vra en jy sal die gapings in die verkeer kry om daar oor te kom.

Met misdaad is dit presies dieselfde. Die misdaad is daardie voortsnellende verkeer wat nie vir jou kan of gaan stop nie. As jy nie kan sien wanneer dit op jou gaan afpyl nie, sal dit jou tref. Gebruik jy die Godgegewe gawes om die bedreiging te identifiseer, kan jy dit volgens God se woord ontwyk of bestraf.

Soos wat Ps 18 en Korintiërs 10 dit verduidelik kan jy ook sę: Hy leer my om die bedreigings teen my te sien en hoe om dit te oorwin.

Die van ons wat hardkoppig weier om te leer, word deur hul eie toedoen of dwase verwaandheid beseer of vermoor.

Daar is die wat nie die geleentheid gekry het om die kennis te leer nie. Hulle word deel van die volmaakte getal onskuldige bloed wat vergiet moet word soos dit beskryf is in Openbaring 6 : 10 en 11 verduidelik word.

Vir die wat hoogmoedig en te slim is om van die vyand se metodes teen ons te leer, sal Jesaja 5 vanaf vers 13 spoedig ‘n werklikheid word.  Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het .


Vorige
Hoe hanteer ons ons vrese ?
Indeks Volgende
Wenke