Hierdie maand was daar weer 'n hele paar insidente waar mense met die wrede werklikheid van beplande aanvalle gekonfronteer was. Hierdie artikel was eers as onder 'n insidente geplaas maar is nou op versoek van lede meer permanent.
Vrees is ‘n vreeslike ding. Skielik besef jy dat daar mense is wat betaal om jou wreed om die lewe te bring. In baie gevalle is die man wat die wrede moordplan koester, die betroubaarste werker op wie jy so maklik steun in tye van nood. Hoe hanteer mens die ontnugtering en hoe oorkom mens die vrees?
In
baie gevalle wil mense by my ‘n waarborg hê dat dit nie sal gebeur nie.
Elke keer gee ek ‘n voorwaardelike waarborg. Tog glo hulle my nie. Baie
keer sê hulle dat hulle glo, maar hulle gedrag bewys dit nie altyd nie.
Iewers
in Natal het ek ‘n baie goeie vriend wat ek in my lewe nog nooit
ontmoet het nie. Gerhard Nel is ‘n sendeling naby Grey town. Waar hy my
nommer gekry het weet ek nie. Dit is nou seker meer as twee jaar dat ek
vir Gerhard ken. Ons praat amper nooit. Ek hoor ook net van Gerhard
wanneer ek myself in ‘n geestelike gat bevind of wanneer ek in ‘n hoek
is. Sonder om hom op te soek, sal hy uit die bloute op die regte tyd,
vir my die regte Bybel teks of boodskap stuur wat gepas is vir die
geleentheid. Ons Vader het vir Gerhard op my pad gebring om vir my soms
geestelike leiding te gee wanneer ek dit nodig het. Hierdie maand het
dit weer gebeur. Sewe ure voor daar vir my ‘n strikvraag gestel is, het
Gerhard al vir my die antwoord gestuur. Dit was eers na die vraag gevra
is, wat ek weer opnuut besef het hoe groot ons God is.
Op 30 Oktober 06 om 08:18 kry ek die sms van Gerhard. Om ongeveer 16:30 kom die vraag.
‘n
Vrou kla dat haar man bang is en dat hy ‘n waarborg soek dat hulle nie
aangeval sal word nie. Soos gewoonlik gee ek die voorwaardelike
waarborg uit Lukas 10 vers 19 en 20. Ja, sê die vrou, ek het dit vir
hom gesê maar toe soek hy ‘n waarborg dat die belofte van God vandag
nog vir hulle gesin ook sal werk? Dit is toe wat ek skielik besef dat
Gerhard se SMS vir die man en vir my en vir ons almal wat al in die sop
was of gaan kom, is. Ek stuur toe vir haar die sms wat so lees:
Sag
9 vers 9 Hy is nederig en Hy ry op ‘n donkie. Dit is 520 jaar voor
Christus aangekondig. Dit het toe gebeur. So, as die woord sê: God gee
om en Hy sal vir jou sorg. Sal dit gebeur ?
‘n
Waarborg op ‘n waarborg. Vandag praat ek met Lois Brink. Een van haar
werkers het aan haar verduidelik dat hulle swartmense na die merke as
toorgoed verwys. Hierdie tekens wat vir hulle toorgoed is, is hulle
waarborg dat hulle suksesvol in hulle misdaadplanne sal wees. Die merke
en tekens is nie al nie, dit is ook gekoppel aan bose geeste wat die
misdadigers waarsku wanneer hulle bose planne bedreig word. Dit is toe
dat Lois met die insig kom. As dit hulle toorgoed is, kan ons dit mos
in die naam van Jesus ongedaan maak.
Ons
baklei teen die bose magte in die lug. Omdat ons teen geeste baklei,
moet ons die bedreiging ook in die gees afweer. Behalwe vir die feit
dat ons ‘n persoonlike verhouding met Jesus moet soek en behou, moet
ons Hom ook onvoorwaardelik op Sy Woord vat en glo. Doen ons dit nie,
sal Nehemia 6 vers 10 tot 13 vir ons waar word.
Neh 6:10 En toe ek in die huis van Semája, die seun van Delája, die seun van Mehetábeël kom, terwyl hy verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempell, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.
Neh 6:11 Maar ek het gesê: Sal 'n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.
Neh 6:12 Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.
Neh 6:13 Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.
Wat kan ek sê ? Dit is God wat jou in die eerste plek die insig gegee het om die bedreiging te identifiseer. Kry jou gees stil voor God, wees wakker om na Sy waarskuwings te luister en vertrou op Sy woord want Hy is die Woord.
